Vrugbare, doeltreffende, veldaangepaste & klimaatsvriendelike Bonsmaras

Ons Storie

Marais Bonsmaras

Sedert Kobus Marais op 1 Maart 1979 op die plaas Kameelfontein in die distrik Postmasburg begin boer het, het hy groot klem geplaas op die verbetering van die natuurlike weiding en die ontwikkeling van ‘n weidingstelsel wat die risiko’s van droogtes aanspreek, maar ook optimale diereproduksie lewer. Oor die afgelope 25 jaar het hy weidingskundiges soos Drs Louis du Pisani, Herman Fouché en Mias van der Westuizen asook die plantkundige Paul Avenant by die verwesenliking van hierdie doelwit, later ook op plase in die Kalahari en in die Vrystaat, betrek. Hierdie span het deurlopend veldsamestelling in samehang met -opbrengs objektief gemoniteer, geёvalueer en by weidingsbestuur geïmplementeer met sigbare goeie gevolge.

Missie

Die teel en verkoop van aangepaste Bonsmarabeeste wat met die minimum insette optimaal produseer om sodoende maksimaal netto wins te lewer.

Visie

Marais Bonsmaras as een van die toonaangewende stoeterye in Suider-Afrika.

Teeldoelwitte

• Gebalanseerde teelwaardes met die klem op:
vrugbaarheid
geboortegemak
medium grootte diere
voldoende groei
voldoende melk
lanklewendheid

• Ekstensief aangepaste diere met die nodige fiksheid-eienskappe

• Goeie temperament

• Diere vry van defekte, onder andere negatiewe dubbelbespiering

J.S.M

Produksieveiling

J.S.M

Produksieveiling

Marais Bonsmara

STOET

2026 PRODUKSIEVEILING / 2026 PRODUCTION AUCTION

IN DIE NUUS

Landbouweekblad artikel