JSM 19-65 is ʼn baie korrekte bul. Die bul het ʼn sterk kop en bek, goeie bespiering, goeie balans, baie goeie vel en haar, ʼn lang stert en ʼn goeie skede met perfekte skrotum.
Die bul se pa is die bekende PHR 03-36 wat steeds van die beste syfers handhaaf.
JSM 19-65 se syfers spreek vanself:
Geboortegemakswaarde: 113
Speenkalfwaarde: 114
Vrugbaarheidswaarde: 98
Koeiwaarde: 115
Groeiwaarde: 102
Hierdie bul sal uitstekende vervangingsdiere teel en kan in die hele kudde gebruik word.