JSM 19 -13 is ʼn bul wat altyd in ʼn goeie kondisie is. Hy is dan ook ʼn seun van CSW 13-195. Eienskappe van sagte bespiering en die maklike neerlegging van onderhuidse vet ondersteun deur bogemiddelde teelwaardes maak van JSM 19-13 ʼn seker keuse. Die bul het baie kapasiteit,  uitstekende vel en haar en is vroegryp, alles eienskappe wat bydra tot die teel van goeie vervangingsdiere.  Met sy uiters aanvaarbare kalwingsgemakwaarde kan hy in die hele kudde gebruik word.

JSM 19-13 se besondere teelwaardes is soos volg:

Kalwingsgemakwaarde: 119

Speenkalfwaarde: 112

Vrugbaarheidswaarde: 109

Koeiwaarde: 120

Groeiwaarde: 105

Karkaswaarde: 115

Hierdie bul sal wesenlik bydra om ʼn klimaatsverdraagsame, laesorgkudde te teel.