JSM 19-167 is ʼn geharde bul met goeie verdonkering, kwaliteit vel en haar, ʼn mooi reguit bolyn en sterk kop. Hierdie bul het baie goeie konstitusie en sal baie goed presteer onder ekstensiewe toestande. Sy vetwaarde is ʼn uitstekende 153. JSM 19-167 is dan ook ʼn seun van CSW 13-195 wat by uitstek diere met goeie aanpasbaarheidsyfers teel. Die geboortegemaksyfer van 124 maak hierdie bul  ʼn seker keuse vir verse.