JSM 19-127 is ʼn donkerrooi poenskopbul. Sy pa, JSM 17-38, is ʼn seun van die bekende “Brandoor bul” van Towton Bonsmaras. JSM 19-127 het ʼn sterk kop, goeie vel en haar asook ʼn groot korrekte skrotum met ʼn goeie skede.  Hy het uitstekend gevaar in die Fase D groeitoets. Hierdie prestasie word weerspieёl in die groeiwaardesyfer van 116.

JSM 19-127 is ʼn goeie keuse vir kopers wat ʼn sterk poenskopbul soek.