JSM 18-21 beskik oor al die eienskappe om baie goed onder ekstensiewe omstandighede te presteer. Ons het die bul self in ons kudde gebruik en vier van sy seuns is reeds goedgekeur. Die bul is ʼn “Bos Indicus” tipe bul wat onder klimaatsveranderende toestande baie goed doen. Die bul is diep en breed gebou en het goeie vel en haar, ʼn groot perfekte skrotum (42 cm), ʼn lang stert en baie goeie karkas-eienskappe.  Die oogspierwaarde is 114, onderhuidse vetwaarde 127 en  marmering 111.

Die bul is ʼn seun van die beproefde bul VV 03-346 van wie JSM 18-21 ʼn uitstekende voorbeeld is. Sy ma, JSM 14-54, is ʼn uitstekende koei met baie melk en haar nageslag presteer baie goed.

JSM 18-21 se teelwaardes ondersreep sy goeie eienskappe:

Geboortegemakswaarde: 109

Speenkalfwaarde: 115

Vrugbaarheidswaarde: 103

Koeiwaarde: 116

Groeiwaarde: 117

Karkaswaarde: 121

Hierdie bul sal wesenlik bydra om ʼn klimaatsverdraagsame, laesorgkudde te teel.