JSM 19-31 is ʼn potensiёle stoetbul met uitstekende fisiese eienskappe, onder andere ʼn sterk kop, breё bek, goeie lengte en diepte, ʼn lang stert, uitstekende vel en haar en ʼn perfekte skrotum.

Die bul is geteel uit V16-117 wat met groot sukses in verskeie kuddes gebruik is. Sy seuns het besonder goed gevaar in die fase C-toets by Sernick Toetssentrum en het uitstekende pryse by die Hoёveld Bonsmaraklubveiling behaal.

Soos blyk uit sy teelwaardes, is JSM 19-31 by uitstek toegerus om vervangingsdiere te teel:

Geboortegemakswaarde: 119

Speenkalfwaarde: 104

Vrugbaarheidswaarde: 120

Koeiwaarde: 120

Groeiwaarde: 108

Karkaswaarde: 120

Hierdie bul sal wesenlik bydra tot die ontwikkeling van ʼn klimaatsverdraagsame, laesorgkudde.