LOT 33: JSM 19-127 ’22

JSM 19-127 is ʼn donkerrooi poenskopbul. Sy pa, JSM 17-38, is ʼn seun van die bekende “Brandoor bul” van Towton Bonsmaras. JSM 19-127 het ʼn sterk kop, goeie vel en haar asook ʼn groot korrekte skrotum met ʼn goeie skede. Hy het uitstekend gevaar in die Fase D groeitoets. Hierdie prestasie word weerspieёl in die […]
LOT 32: JSM 19-51 ’22

JSM 19-51 is ʼn sterk manlike bul met goeie kapasiteit, lengte, diepte en breedte. Die bul het goeie vel en haar, ʼn lang stert, groot korrekte skrotum en goeie skede. Hy is ʼn seun van V16-117. Hierdie goeie eienskappe saam met sy uitstekende waardes maak van JSM 19- 51 ʼn goeie keuse. Teelwaardes: Geboortegemakswaarde: 100 […]
LOT 31: JSM 19-61 ’22

JSM 19-61 is ʼn groot, aantreklike, donkerrooi bul. Die bul het goeie kwaliteit vel en haar en ʼn oogspierwaarde van 119. Ten spyte van sy grootte het die bul ʼn geboortegemakswaarde van 109. Hy is sterk in die rug en beweeg gemaklik. Hierdie bul sal goed vaar in enige kommersiële kudde.
LOT 26: JSM 19-167 ’22

JSM 19-167 is ʼn geharde bul met goeie verdonkering, kwaliteit vel en haar, ʼn mooi reguit bolyn en sterk kop. Hierdie bul het baie goeie konstitusie en sal baie goed presteer onder ekstensiewe toestande. Sy vetwaarde is ʼn uitstekende 153. JSM 19-167 is dan ook ʼn seun van CSW 13-195 wat by uitstek diere met […]
LOT 22: JSM 19-32 ’22

JSM 19-32 is ʼn donkerrooi, manlike bul met uitstekende bespiering, ʼn sterk kop, breë bek, goeie lengte en kapasiteit, goeie skrotum (40cm) en uitstekende teelwaardes. Hy is ʼn seun van VV 03-346. Hierdie bul sal waarde toevoeg tot enige kommersiёle kudde. JSM 19-32 het ʼn besonder goeie teelwaardekombinasie: Kalwingsgemakwaarde: 101 Speenkalfwaarde: 115 Koeiwaarde: 126 Groeiwaarde: […]
LOT 21 JSM 19-13 ’22

JSM 19 -13 is ʼn bul wat altyd in ʼn goeie kondisie is. Hy is dan ook ʼn seun van CSW 13-195. Eienskappe van sagte bespiering en die maklike neerlegging van onderhuidse vet ondersteun deur bogemiddelde teelwaardes maak van JSM 19-13 ʼn seker keuse. Die bul het baie kapasiteit, uitstekende vel en haar en is […]
LOT 20 JSM 18-21 ’22

JSM 18-21 beskik oor al die eienskappe om baie goed onder ekstensiewe omstandighede te presteer. Ons het die bul self in ons kudde gebruik en vier van sy seuns is reeds goedgekeur. Die bul is ʼn “Bos Indicus” tipe bul wat onder klimaatsveranderende toestande baie goed doen. Die bul is diep en breed gebou en […]
LOT 15: JSM 19-82 ’22

JSM 19-82 is ʼn potensiёle stoetbul met ʼn sterk kop, breё bek, goeie skof-ontwikkeling en verdonkering. Die bul het breedte, diepte en kapasiteit. Sy oogspierwaarde is 114, en sy vetwaarde 116. ʼn Goeie skede en skrotum dra verder by tot ʼn funksioneel doeltreffende bul. JSM 19-82 is geteel uit V16-117 wat met groot sukses in […]
LOT 9: JSM 19-27 ’22

JSM 19-27 is ʼn gebalanseerde bul met uitstekende lengte, goeie vel en haar en ʼn oogspierwaarde van 119. Die bul is ʼn seun van CSW 13-13 van Charles Williams. Die kwaliteit van hierdie aantreklike bul word deur sy waardes weerspieёl. Geboortegemakswaarde: 97 Speenkalfwaarde: 105 Vrugbaarheidswaarde: 111 Koeiwaarde: 109 Groeiwaarde: 106 Karkaswaarde: 112 JSM 19-27 is […]
LOT 7: JSM 19-267 ’22

JSM 19-267 is ʼn aantreklike mediumraambul met baie goeie bespiering. Die bul is diep gebou en het goeie kapasiteit. Geboortegemakswaarde: 104 Speenkalfwaarde: 104 Koeiwaarde: 98 Groeiwaarde: 106 JSM 19-267 is ʼn veelsydige bul wat in die hele kudde aangewend kan word.