LOT 8: JSM 19-31 ’22

JSM 19-31 is ʼn potensiёle stoetbul met uitstekende fisiese eienskappe, onder andere ʼn sterk kop, breё bek, goeie lengte en diepte, ʼn lang stert, uitstekende vel en haar en ʼn perfekte skrotum. Die bul is geteel uit V16-117 wat met groot sukses in verskeie kuddes gebruik is. Sy seuns het besonder goed gevaar in die […]
LOT 2 JSM 19-65 ’22

JSM 19-65 is ʼn baie korrekte bul. Die bul het ʼn sterk kop en bek, goeie bespiering, goeie balans, baie goeie vel en haar, ʼn lang stert en ʼn goeie skede met perfekte skrotum. Die bul se pa is die bekende PHR 03-36 wat steeds van die beste syfers handhaaf. JSM 19-65 se syfers spreek […]
LOT 27: JSM 19-22 ’22

JSM 19-22 is ʼn donkerrooi bul met ʼn sterk kop, breë bek, goeie bolyn, mooi skede en skrotum en goeie kloue. Die bul het uitstekende teelwaardes: Geboortegemakswaarde: 113 Speenkalfwaarde: 107 Vrugbaarheidswaarde: 103 Koeiwaarde: 111 Groeiwaarde: 119 Karkaswaarde: 117 Hierdie bul sal wesenlik bydra tot die ontwikkeling van ʼn klimaatsverdraagsame laesorgkudde.