LOT 21 JSM 19-13 ’22

JSM 19 -13 is ʼn bul wat altyd in ʼn goeie kondisie is. Hy is dan ook ʼn seun van CSW 13-195. Eienskappe van sagte bespiering en die maklike neerlegging van onderhuidse vet ondersteun deur bogemiddelde teelwaardes maak van JSM 19-13 ʼn seker keuse. Die bul het baie kapasiteit,  uitstekende vel en haar en is […]

LOT 20 JSM 18-21 ’22

JSM 18-21 beskik oor al die eienskappe om baie goed onder ekstensiewe omstandighede te presteer. Ons het die bul self in ons kudde gebruik en vier van sy seuns is reeds goedgekeur. Die bul is ʼn “Bos Indicus” tipe bul wat onder klimaatsveranderende toestande baie goed doen. Die bul is diep en breed gebou en […]

LOT 15: JSM 19-82 ’22

JSM 19-82 is ʼn potensiёle stoetbul met ʼn sterk kop, breё bek,  goeie skof-ontwikkeling en verdonkering. Die bul het breedte, diepte en kapasiteit. Sy oogspierwaarde is 114, en sy vetwaarde 116.  ʼn Goeie skede en skrotum dra verder by tot ʼn funksioneel doeltreffende bul. JSM 19-82 is geteel uit V16-117 wat met groot sukses in […]

LOT 9: JSM 19-27 ’22

JSM 19-27 is ʼn gebalanseerde bul met uitstekende lengte, goeie vel en haar en ʼn oogspierwaarde van 119. Die bul is ʼn seun van CSW 13-13 van Charles Williams. Die kwaliteit van hierdie aantreklike bul word deur sy waardes weerspieёl. Geboortegemakswaarde: 97 Speenkalfwaarde: 105 Vrugbaarheidswaarde: 111 Koeiwaarde: 109 Groeiwaarde: 106 Karkaswaarde: 112 JSM 19-27 is […]

LOT 7: JSM 19-267 ’22

JSM 19-267 is ʼn aantreklike mediumraambul met baie goeie bespiering. Die bul is diep gebou en het goeie kapasiteit. Geboortegemakswaarde: 104 Speenkalfwaarde: 104 Koeiwaarde: 98 Groeiwaarde: 106 JSM 19-267 is ʼn veelsydige bul wat in die hele kudde aangewend kan word. 

LOT 8: JSM 19-31 ’22

JSM 19-31 is ʼn potensiёle stoetbul met uitstekende fisiese eienskappe, onder andere ʼn sterk kop, breё bek, goeie lengte en diepte, ʼn lang stert, uitstekende vel en haar en ʼn perfekte skrotum. Die bul is geteel uit V16-117 wat met groot sukses in verskeie kuddes gebruik is. Sy seuns het besonder goed gevaar in die […]

LOT 2 JSM 19-65 ’22

JSM 19-65 is ʼn baie korrekte bul. Die bul het ʼn sterk kop en bek, goeie bespiering, goeie balans, baie goeie vel en haar, ʼn lang stert en ʼn goeie skede met perfekte skrotum. Die bul se pa is die bekende PHR 03-36 wat steeds van die beste syfers handhaaf. JSM 19-65 se syfers spreek […]

LOT 27: JSM 19-22 ’22

JSM 19-22 is ʼn donkerrooi bul met ʼn sterk kop, breë bek, goeie bolyn, mooi skede en skrotum en goeie kloue. Die bul het uitstekende teelwaardes: Geboortegemakswaarde: 113 Speenkalfwaarde: 107 Vrugbaarheidswaarde: 103 Koeiwaarde: 111 Groeiwaarde: 119 Karkaswaarde: 117 Hierdie bul sal wesenlik bydra tot die ontwikkeling van ʼn klimaatsverdraagsame laesorgkudde.