LOT 33: JSM 19-127 ’22

JSM 19-127 is ʼn donkerrooi poenskopbul. Sy pa, JSM 17-38, is ʼn seun van die bekende “Brandoor bul” van Towton Bonsmaras. JSM 19-127 het ʼn sterk kop, goeie vel en haar asook ʼn groot korrekte skrotum met ʼn goeie skede.  Hy het uitstekend gevaar in die Fase D groeitoets. Hierdie prestasie word weerspieёl in die […]

LOT 32: JSM 19-51 ’22

JSM 19-51 is ʼn sterk manlike bul met goeie kapasiteit, lengte, diepte en breedte. Die bul het goeie vel en haar, ʼn lang stert, groot korrekte skrotum en goeie skede. Hy is ʼn seun van V16-117. Hierdie goeie eienskappe saam met sy uitstekende waardes maak van JSM 19- 51 ʼn goeie keuse. Teelwaardes: Geboortegemakswaarde: 100 […]

LOT 31: JSM 19-61 ’22

JSM 19-61 is ʼn groot, aantreklike, donkerrooi bul. Die bul het goeie kwaliteit vel en haar en ʼn oogspierwaarde van 119. Ten spyte van sy grootte het die bul ʼn geboortegemakswaarde van 109. Hy is sterk in die rug en beweeg gemaklik.  Hierdie bul sal goed vaar in enige kommersiële kudde.

LOT 26: JSM 19-167 ’22

JSM 19-167 is ʼn geharde bul met goeie verdonkering, kwaliteit vel en haar, ʼn mooi reguit bolyn en sterk kop. Hierdie bul het baie goeie konstitusie en sal baie goed presteer onder ekstensiewe toestande. Sy vetwaarde is ʼn uitstekende 153. JSM 19-167 is dan ook ʼn seun van CSW 13-195 wat by uitstek diere met […]

LOT 22: JSM 19-32 ’22

JSM 19-32 is ʼn donkerrooi, manlike bul met uitstekende bespiering, ʼn sterk kop, breë bek, goeie lengte en kapasiteit, goeie skrotum (40cm) en uitstekende teelwaardes. Hy is ʼn seun van VV 03-346. Hierdie bul sal waarde toevoeg tot enige kommersiёle kudde. JSM 19-32 het ʼn besonder goeie teelwaardekombinasie: Kalwingsgemakwaarde: 101 Speenkalfwaarde: 115 Koeiwaarde: 126 Groeiwaarde: […]